Kenners verwag Steenhuisen sal DA-leier bly

Ontleders verwag die DA-leier John Steenhuisen gaan vir ‘n tweede drie jaar-termyn by die party se federale kongres verkies word wat by die Gallagher-landgoed in Johannesburg gehou word. Dit lyk asof hy ‘n aansienlike voorsprong het oor die uitdager van sy amp, die voormalige burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse. Die konferensie bespreek ook sleutel-beleidskwessies, insluitend die party se benadering tot koalisies op nasionale en provinsiale vlak, indien die ANC se afwaartse verkiesings-tendens voortduur en hy minder as 50 persent van die stemme  in volgende jaar se verkiesing sou kry.