Kenners meen Brent sal teen US$90 ‘n vat vanjaar verhandel

Die prys van Brent ru-olie het vanoggend effe geklim, veral in Asiatiese markte, op die hoop dat die Chinese ekonomie binnekort sal herleef en vraag vir die kommoditeit aandryf. Die prys, wat rondom 82 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel, is laag gehou deur vrese vir nog ‘n rentekoers verhoging in die VSA. Kenners en ontleders is dit eens dat die jongste vervaardigingsyfers uit China groei vir Februarie sal toon. Volgens JPMorgan se analiste sal Brent rondom 90 Amerikaanse dollar ‘n vat vanjaar verhandel en indien hulle korrek is, sal brandstof duurder word. Daar is voorheen beaam dat olie winsgewend geproduseer kan word teen 80 dollar ‘n vat.