Kenner sit uitdagings van hawelose kinders uiteen

Die toenemende aantal straatkinders in baie stedelike gebiede is ‘n beduidende maatskaplike uitdaging. Daar is daagliks meer by verkeersligte regoor die hoofstad. Die kinders staar dikwels uiterste armoede, haweloosheid en kwesbaarheid vir uitbuiting, mishandeling en misdaad in die gesig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zelnadie de Waal, programbestuurder en maatskaplike werker by Lifeline Chidline, wat sommige van straatkinders se probleme uiteensit.