Kenner sê vlieglarwes as voer sal plaaslik werk

Die bekende landbou-kenner dr. Kobus Laubscher het gereageer op die moontlikheid dat vlieglarwes plaaslik in dierevoer omskep kan word. Dit kom na die nuus dat in Costa Rica het ‘n innoverende maatskappy die projek van stapel gestuur. Die maatskappy ProNuvo sê die larwes is ‘n hoë-gehalte proteïen en kan dus “gesonder” proteïene vir diere verskaf en met minder omgewingsimpak as voer gebaseer op dierlike of plantaardige bronne. Die maatskappy se finale produkte is gedroogde larwes, proteïenpoeier of insekolie. Met die trae toestande wat weiding in die land betref, sê Laubscher dit is ‘n uiters innoverende idee en in plaas van vrot vrugte, kan beesmis gebruik word.