Kenner sê oor voortslepende Chinese inperkings en olieprys

Shanghai-owerhede het die stad se Covid-inperking wat hulle meer as ‘n maand gelede ingestel het, verskerp, en verleng tot einde Mei, ‘n beproewing wat China se hoofstad Beijing desperaat wou vermy deur massa-toetsing in ‘n byna daaglikse roetine te omskep. Met China een van die wêreld se grootste olieverbruikers, hoe beïnvloed die voortslepende inperkings in China die prys van olie? Theo Klein, ‘n ekonoom van Simonis Storm, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.