Kenner sê oor vergoeding vir mens-dier-konflik
Betalings onder die Mens-dier-konflik Self-afhanklikheidskema is deur die kabinet hersien en verhoog. Die nuwe betalingsbedrae sal op 1 September in werking tree. Die betalings is basies skadevergoeding vir mens-dier-konflikte, soos oes- en veeverliese, en om die betrokke kommunale gemeenskappe te ondersteun. Dr. Peter Cunningham, ‘n Namibiese ekoloog, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die skema behoort uitgebrei te word na kommersiële boerderye.
Cunningham gee toe dat boere moontlik misbruik kan maak van die skema, maar tog werk dit tot ‘n groot mate.