Kenner sê oor vee

Die droogte in Namibië veroorsaak al hoe meer probleme, veral in die voorsiening van voedsel in landelike gebiede. Daar is nie genoeg water om groente te verbou nie en vee is besig om agteruit te gaan en te vrek weens ‘n gebrek aan water en weiding. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Dr. Dagmar Honsbein gesels oor wat boere kan doen om hul vee te help oorleef.