Kenner sê oor Troika, troepe vir DRK
‘n Namibiese politieke kenner het sy mening gegee oor die buitengewone beraad van die SAOG Troika van troep-bydraende lande om konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo op te los. Die beraad het ‘n beroep gedoen op onmiddellike steun van die SAOG-streek aan die regering van die DRK om die konfliksituasie in Oos-DRK aan te spreek, voor die nasionale verkiesings wat in Desember 2023 gehou sal word. Die beraad wat bygewoon is deur staatshoofde van Namibië, Angola, die DRK, Malawi, Suid-Afrika, Tanzanië en Zambië in Windhoek, het die ontplooiing van ‘n SAOG-mag binne die raamwerk van die SAOG-bystandsmag goedgekeur om vrede en veiligheid in Oos-DRK te herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah gepraat…