Kenner sê oor toekennings in komende begroting

Die finansminister, Ipumbu Shiimi, sal die hersiening van die middeltermyn begroting volgende week Dinsdag in die Nasionale Vergadering ter tafel lê. Shiimi het sy konsultasies voltooi, in samewerking met die Nasionale Beplanningskommissie. Die middeltermynbegroting handel oor ‘n drie-jaar toekenning van befondsing aan verskeie sektore. Kosmos 94.1 Nuus het met die kenner in openbare regering en bestuur, dr. Marius Kudumo gesels oor wat moontlik voorlê in Shiimi se toekennings en waar die fondse heen moet gaan.