Kenner sê oor studielenings, ouers en gegradueerdes se werksvooruitsigte

Namibiese ouers doen alles om seker te maak dat hul kinders skool bywoon en verder studeer, in ‘n poging om hulle ‘n kans te gee om werk te kry wanneer hulle klaar studeer het. Dit is egter ‘n duur proses want tersiêre onderwys is nie goedkoop nie. Kommersiële instellings soos banke het dit nou vir studente baie makliker gemaak om studielenings aan te gaan. Die ouers sal ongelukkig die las dra om die lening terug te betaal totdat die kinders hul studies voltooi het en die terugbetalings kan oorneem. Die plaaslike ekonoom, Cons Karamata, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is goed en wel, solank daar ooreengekom word dat die kind met die terugbetalingsproses sal voortgaan sodra werk eers verseker is.