Kenner sê oor Putin-lasbrief, SA en Namibië

Amnestie Internasionaal sê Suid-Afrika het ‘n regsplig om die Russiese President Vladimir Putin in hegtenis te neem wanneer hy die land besoek. Dit volg nadat die Internasionale Strafhof in Den Haag ‘n lasbrief vir Putin se inhegtenisneming uitgereik het. Putin sal na verwagting Suid-Afrika in Augustus besoek om die 15de Brics-beraad by te woon. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage, gesels oor of Putin in hegtenis geneem sal word as hy wel Suid-Afrika , of selfs Namibië sou besoek.

En sou daar implikasies wees, veral omdat Suid-Afrika ook nie die Sudannese leier Omar al-Bashir in hegtenis geneem het nie.