Kenner sê oor Geregshof se beslissing oor Israel en sy besettings
Die Internasionale Geregshof sê Israel se besetting van Palestynse gebiede sedert 1967 bly onwettig en die land moet onttrek. Die hof het bevind Israel se optrede is strydig met internasionale reg. Dit sluit in die “de facto anneksasie” van grondgebied en ‘n oortreding van die wêreldwye verbod teen rassediskriminasie en apartheid. Die gebiede is die Wesbank, Oos-Jerusalem en die Gaza-strook. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Andre Duvenhage, ‘n Suid-Afrikaanse politieke ontleder, oor hoe dit die politiek sal beïnvloed.