Kenner sê oor besighede se nul-opgawes by NamRA

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die NamRA-kommissaris Sam Shivute dat maatskappye in die plaaslike konstruksiebedryf nie belasting betaal nie. Die aanmerkings het wyd reaksie uitgelok en talle meen die kommissaris verstaan nie hoekom maatskappye nul-opgawes indien nie. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die direkteur van belasting by Deloitte Namibia, Gerda Brand, vir haar mening in die verband.