Kenner sê ons beweeg al nader aan ‘n wêreldoorlog

Amerika se Republikeinse senators het ʼn wetsontwerp oor ondersteuningsfondse van 2,1 triljoen Namibiese dollar aan die Oekraïne, Israel, Gaza en Taiwan gestuit. Die pakket sluit in sowat 1,2 triljoen dollar aan die Oekraïne. Biden het die Kongres gewaarsku indien hulle nie help nie, sal dit net tot voordeel wees van president Vladimir Putin se oorlog teen Oekraïne. ʼn Woordvoerder in Oekraïne se presidensiële kantoor, Andriy Yermak, het vroeër die week gesê indien hulle nie nog befondsing van Amerika kry nie, kan hulle die oorlog verloor. En as befondsing staak, watter impak sal dit hê op Europa, Brics en meer? Kosmos 94.1 Nuus het met professor Andre Duvenhage, politieke ontleder in Suid-Afrika gesels.

Duvenhage glo die wêreld is nader aan ‘n wêreldoorlog en Suid-Afrika het reeds kant gekies. Terwyl Namibië amptelik stil is, sê Duvenhage almal weet wie Swapo ondersteun…