Kenner sê na vermeende reekstroper weer verskyn

Vermeende stroper Derick Brockerhoff het weer in die Windhoek-laerhof verskyn, nadat hy en Markus Rooinasie in April met ‘n koedoe en gemsbok-karkas oos van Windhoek gevang is. Rooinasie het in Julie skuldig gepleit op ‘n klag van stropery. Brockerhoff blyk om vermoedelik ‘n reeksstroper te wees en verskeie boere het by die twee se eerste verskyning gevra dat hy nie borg moet kry nie. Kosmos 94.1 Nuus weet van 24 klagtes, waaronder ook dwelmhandel, teen hom in howe regoor die land. Die saak was uitgestel na 3 Desember. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security, wat sê dit gebeur gereeld dat stropers loskom.

Spangenberg voeg by dat die nuwe minimumloon problematies sal wees vir renosterwagters en wildbewaarders.