Kenner sê kwota is aan Meatco gegee oor kompetisie wat vir hom kom
Vyf-en-sewentig persent van Namibië se jaarlikse Noorweegse beesvleis kwota van 1 600 ton is deur die kabinet aan Meatco toegeken vir vyf jaar, van 2024 tot 2028. Die oorblywende 25 persent van die kwota is vir dieselfde tydperk aan Beefcor toegeken. Dit beteken nuwe abattoirs, onder meer Reho Meat Processors en Savanna Beef, is vir vyf jaar uitgesluit. Die kabinet se opdrag is dat nuwe toetreders of benoembare abattoirs eers vir vyf jaar binnelandse, streek- en internasionale markte moet bedien voordat hulle vir die Noorweegse kwota kan aansoek doen. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels wat sy reaksie en wat dit vir Meatco beteken, deel.