Kenner sê kernkrag, uraanberging nie haalbaar in Namibië nie

’n Gesamentlike parlementêre verslag oor die volle benutting van die mynbou- en energiesektore se potensiaal is by die parlement ingehandig vir oorweging. ‘n Parlementslid van Swapo, Sylvia Makgone, het voorgestel dat die aanbeveling om ‘n kernkragsentrale sowel as ‘n bergingsfasiliteit vir uraan te vestig, verwyder word. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër gepraat met dr. Gabi Schneider, die uitvoerende direkteur van die Namibiese Uraaninstituut, oor die moontlikheid van ‘n kernkragsentrale in die land. Sy dink nie dis haalbaar nie.