Kenner sê Iran stel nie vreeslik belang in skietstilstand nie
Kommer neem internasionaal toe met ‘n moontlike aanval op Israel deur Iran. Israelse intelligensie voer aan dat dit op enige oomblik verwag word. Intussen het wêreldleiers toegetree en pleit by Iran om nie die skietstilstand-onderhandelings wat Donderdag sal plaasvind in die wiele te ry nie. Maar, die Britse militêre kenner Sean Bell sê Iran het dalk geen belangstelling in vrede in Gaza nie.