Kenner sê Ace sal nie beter as ANC vaar nie

Die politieke ontleder in Suid-Afrika, Omry Makgoale, sê dis te betwyfel of Ace Magashule se nuutgestigte politieke party, African Congress for Transformation, beter sal vaar as die ANC. Magashule het die stigting van ACT aangekondig. Hy sê dit is ‘n politieke beweging sowel as ‘n volksparty, wat fokus op grondvlak-betrokkenheid en insluiting. Hy sê ACT handhaaf Afrika-nasionalisme as grondslag, terwyl Pan-Afrikanisme as bevrydende oortuiging bevorder sal word. Makgoale sê die meeste mense wat die ANC verlaat en nuwe politieke partye stig, bly onsuksesvol: