Kenner reageer op Schlettwein se aanmerkings oor Meatco se penarie
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het Meatco geïdentifiseer as een van sy ministerie se hoof-prioriteite wat dringende ingryping benodig. Schlettwein het tydens die ministerie se strategiese beplanningswerkswinkel op Swakopmund benaduk Meatco is tans tegnies insolvent met sy skuld wat sy bates oortref het. Hy sê ‘n herwinning uit eie hulpbronne en met huidige strukture in plek is hoogs onwaarskynlik, ondanks die feit dat Meatco die voordeel gehad om ‘n de facto monopolie te wees. ‘n Namibiese landboukenner Wallie Roux het sy reaksie op Meatco se benarde situasie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.