Kenner reageer op onttrekking van FIMA-wetgewing

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, dat die FIMA-wetgewing eers onttrek is. Die wetsontwerp dwing lede van pensioenfondse om 75 persent van hul fondse te bewaar tot aftree-ouderdom. Die wetgewing, wat op 1 Oktober in werking sou tree, sal eers onderwerp word aan breër konsultasies. Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging is aan die woord.