Kenner gesels oor vergoeding na mens-dier-konflik

Die Implementering van die Menslike Natuurlewe Konflik Selfversorgingskema-verslag is vrygestel deur die omgewing-ministerie. Die verslag maak onder andere duidelik hoeveel vergoeding boere kan verwag wanneer hul vee vrek weens konflikte met wilde diere. Die vergoedingskemas wat geïmplementeer is, is egter problematies en oop vir misbruik. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die Biodiversiteitsnavorsingsentrum by Nust gesels, wat sê hoewel die vergoeding nie altyd genoeg is nie, kan dit steeds misbruik word.