Kenner gesels oor Nujoma se invloed op Swapo

Namibiese oud-president Hifikepunye Pohamba het na bewering vir die verdedigingsminister Frans Kapofi gevra om aan Swapo se vise-presidents-wedloop te onttrek. Die voormalige president het glo ook probeer om die omgewingsminister Pohamba Shifeta te oortuig om sy kandidaatskap vir dieselfde pos te laat vaar – ‘n stap wat blykbaar geneem is om moontlik die adjunk-premier Netumbo Nandi-Ndaitwah ‘n beter kans te gee as eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila vir die pos van visepresident. Politieke ontleder dr. Hoze Riruako sê aan Kosmos 94.1 Nuus of dit toevallig is omdat dié beweerde versoek van die oudpresident Pohamba volg kort ná stigterspresident Sam Nujoma hom besoek het.