Keniaanse vlae hang halfstok ter ere van Geingob

Die Keniaanse president, William Ruto, het aangekondig alle vlae in die land sal halfstok hang ter ere van die ontslape president Hage Geingob. Ruto het die 82-jarige beskryf as iemand wat geglo het in ‘n verenigde Afrika en ‘n sterk voorstander van die vasteland se stem en sigbaarheid op die globale verhoog was. Ruto het Geingob as ‘n visioenêre leier geloof. Die voormalige Keniaanse president, Uhuru Kenyatta, sê Geingob was ‘n man van wysheid en kennis wat met nederigheid en grasie gelei het.