Keniaanse reeksmoordenaar bely oor 42 moorde sedert 2022

‘n Vermeende reeksmoordenaar is in Kenia in hegtenis geneem ná die ontdekking van verskeie liggame by ’n steengroef in Nairobi, met die polisie wat sê hy het bely dat hy 42 vroue, insluitend sy vrou, vermoor het. Die polisie sê Collins Jumaisi, ‘n 33-jarige man wat naby die steengroef in die Mukuru-woonbuurt van die hoofstad woon, is vroeg Maandag in hegtenis geneem. Nege liggame is tot dusver in die steengroef gevind. “Dit kristalliseer dat ons met ’n reeksmoordenaar te doen het, ’n psigopatiese reeksmoordenaar wat geen respek vir menselewe het nie,” sê Amin Mohamed, die hoof van die Direktoraat van Kriminele Ondersoeke. Die eerste moord, die van Jumaisi se vrou, was in 2022, met die mees onlangse op 11 Julie, volgens Mohamed.