Keniaanse polisie vuur traanrook op betogers in Nairobi
Die polisie in Kenia het traanrook afgevuur in die hartjie van die hoofstad, Nairobi, met klein groepies betogers wat saamdrom op wat na verwagting ‘n nuwe dag van aksie sal wees teen die beleërde president, William Ruto. Onlustepolisie patrolleer die strate in die sentrale sakekern, padblokkades is op belangrike hoofweë opgestel en baie winkels gesluit, maar slegs ‘n handjievol betogers het opgedaag. Die Oos-Afrikaanse land is gewoonlik baie stabiel, maar word nou al weke lank geskud deur protesaksie teen Ruto se regering, meesal aangevoer deur jong Keniane.