Keniaanse kultusleier in hof oor meer as 400 sterftes

Die leier van ‘n Keniaanse oordeelsdag-kultus verskyn in die hof op aanklagte van terrorisme oor die dood van meer as 400 van sy volgelinge, in ‘n makabere saak wat die wêreld geskok het. Die selfverklaarde pastoor, Paul Nthenge Mackenzie, het in Mombasa in die hof verskyn saam met 94 mede-aangeklaagdes. Joernaliste moes die hofsaal verlaat kort nadat die verrigtinge begin het sodat ‘n beskermde getuie kon getuig. Mackenzie het sy volgelinge na bewering aangehits om hulself tot die dood uit te honger sodat hulle Jesus kan ontmoet.