Keniaanse kultusleier gesoek ná mense hulself uithonger

Die polisie in Kenia het ‘n soektog na ‘n pastoor begin, nadat vier lidmate van sy kerk gesterf het omdat hulle hulself uitgehonger het sodat hulle “Jesus kan ontmoet”. Elf mense is uit die woudgebied naby die dorpie Malindi aan die kus gered. Drie van hulle is in ‘n kritieke toestand. Die polisie vrees egter dat nog mense gesterf het. Hulle het ‘n wenk ontvang oor mense wat van honger dood is nadat die kultusleier, pastoor Makenzie Nthenge, hulle aangespoor het om op te hou eet omdat hulle “Jesus dan sal ontmoet”. Nthenge is verlede maand aangekla nadat twee kinders uitgehonger is, maar hy is vrygelaat nadat hy ‘n boete betaal het.