Keniaanse jeug hou druk op Ruto om te bedank
Honderde Keniane het ‘n konsert in die hoofstad, Nairobi, bygewoon, ter herdenking van die minstens 39 mense wat in onlangse jeug-geleide betogings teen die regering dood is. Betogers het aangedring daarop dat beplande belastingverhogings geskrap word en dat president William Ruto moet bedank. Ruto het die verhogings geskrap en die naweek bykomende maatreëls aangekondig om die begrotingsgaping te help vul wat deur die skrapping veroorsaak is. Die jeug is steeds ontevrede en die aktivis Boniface Mwangi het by die konsert gesê dinge moet verander.