Keniaane ruk op teen nuwe belasting
Duisende betogers het deelgeneem aan gekoördineerde optogte regoor Kenia teen regeringsplanne om 2,7 miljard Amerikaanse dollar in bykomende belasting in te samel. Betogers wat na Staatshuis, president William Ruto se kantoor en ampswoning opgeruk het, is met traangas uiteen gejaag. Die polisie het ook mense in Nairobi se sentrale sakegebied met perskleurige water uit waterkanonne gespuit, en hul pad na die parlement versper. Die betoging het vreedsaam gelyk. Die Kenia Rooi Kruis sê op X hulle het 39 beseerdes behandel, van wie agt in ‘n kritieke toestand was.