Kenia deur Fitch afgegradeer

Die Fitch-graderingsagentskap het Kenia se soewereine gradering verlaag van B tot B-minus weens verhoogde risiko vir openbare finansies nadat die regering sy omstrede belastingplan onder druk van betogings laat vaar het. Die plan, wat gemik was op die insameling van 49 miljard Namibiese dollar, is aanbeveel deur die Internasionale Monetêre Fonds teen fiskale wanbalanse. Fitch noem uitgerekte maatskaplike oproer en die hoë koste van lenings as uitdagings vir Kenia se fiskale bestendigheid. Ondanks die afgradering behou Fitch ‘n bestendige vooruitsig, aangehelp deur sterk steun van skuldeisers.