Kenia beleef sy 6 Januarie met betogings

Die polisie het losgebrand op betogers wat probeer het om Kenia se parlement te bestorm, met minstens vyf betogers dood en dosyne gewond. Dele van die parlementsgebou is aan die brand gesteek terwyl wetgewers daarbinne wetgewing goedgekeur het om belasting te verhoog. Betogers het die polisie oorweldig en weggejaag in ‘n poging om die gebou te bestorm, met Citizen TV wat berig het dat betogers vroeër die dag daarin geslaag het om die Senaatskamer binne te gaan. Die polisie het begin skiet nadat traangas en waterkanonne nie die skares uiteen kon jaag nie. Die polisie het uiteindelik daarin geslaag om die betogers te verdryf. Die wetgewers is deur ondergrondse tonnels ontruim.