Kemi nuwe konserwatiewe leier
Kemi Badenoch is die eerste swart vrou om ‘n groot Britse politieke party te lei nadat sy die Konserwatiewe leierskap met 57-persent van die stemme gewen het. Die 44-jarige Badenoch vervang die voormalige premier Rishi Sunak en het onderneem om die party te hernu ná sy skoknederlaag tydens die Britse verkiesing in Julie. Badenoch sal waarskynlik beleid ondersteun om die regering te verklein en waarna sy verwys as institusionele linkse denke, uitdaag. Sy sê dis tyd om die beginsels van vrye spraak, vrye onderneming en vrye markte te verdedig. Badenoch is die Konserwatiewes se vyfde leier sedert middel-2016