Keetmans-polisieman vas vir aanranding van sy vrou

Kommer heers oor Namibiese polisielede wat by geslagsgeweld betrokke is terwyl dit hul mandaat is om slagoffers daarteen moet beskerm. ‘n Polisiespeurder, inspekteur Abram Kaiser, sal vandag weer in die Keetmanshoop-landdroshof verskyn op ‘n klag van gesinsgeweld. Kaiser is gearresteer op aanklag van aanranding deur ‘n dreigement omdat hy na bewering gedreig het om sy vrou te skiet. Hy is steeds in aanhouding nadat die staat borgtog teengestaan het. Staatsaanklaer Marlon Adams het tydens Kaiser se eerste hofverskyning beweer die klaagster het in haar beëdigde verklaring gesê sy vrees vir haar lewe as die verdagte borgtog kry. Landdros Erick Dandu het die beskuldigde aangeraai om ‘n formele borgtogaansoek in te dien.