Keetmans-ouers se eise diskrimineer

Die onderwysministerie het ‘n verklaring uitgereik in verband met die chaos by die Minna Sachs-laerskool op Keetmanshoop waar ouers en aktivis Michael Amushelelo Maandag die skool gesluit het na die aanstelling van ‘n skoolhoof. Die ouers het geëis dat die hoof Khoekhoegowab is. Die ministerie sê die eis is ongrondwetlik en ook teen sy indiensneming protokolle. Die sê verder dat terwyl hy alle respek het vir kultuur, kan enige persoon wat vir die pos kwalifiseer daarvoor aansoek doen. Alle wetgewing rakende indiensneming in die land is nagekom met die aanstelling. Die ministerie voeg by dat onderwys nie verpolitiseer moet word nie.