Keetmans leen N$12m by DBN

Die Keetmanshoop-munisipaliteit, onder beheer van die Landless People’s Movement, het ‘n lening van 11,9 miljoen Namibiese dollar by die Ontwikkelingsbank van Namibië bekom. Die fondse sal gebruik word om elektrifisering van die Tseiblaagte informele nedersetting te bewerkstelling. Van die fondse sal ook benut word om ‘n outomatiese meterlesing-stelsel te bekom vir water- en kragmeters op die dorp. Die plaaslike owerheid word meer as 200 miljoen dollar deur inwoners geskuld en op sy beurt, skuld ny NamWater meer as 32 miljoen dollar.