Keetmans bou stortingsterrein

Keetmanshoop het ‘n konsultant aangestel  vir die ontwerp, terrein-toesig en kontrakbestuur van ‘n goedgekeurde stortingsterrein. Die koste beloop net meer as 146 000 Namibiese dollar. Helios Engineering Consultants het die kontrak ontvang uit ses maatskappye wat gekwoteer het. Goedgekeurde stortingsterreine is uiters belangrik vir die omgewing en die meerderheid dorpe in die land het nie ‘n ontwerpte terrein wat besoedeling verhoed nie. Die tydsraamwerk van die projek is nie bekend nie.