Syfers van Kaza-olifantsensus binnekort bekend
Die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied se belangrike olifant-sensusopname wat verlede jaar deur die Kaza-lande gedoen is, sal op 31 Augustus in Livingstone in Zambië bekendgestel word. Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe is lidlande van Kaza. Die Namibiese omgewingsministerie ag die olifant-sensus word as baie belangrik. Kaza se olifant-sensusspan het tot einde Oktober verlede jaar olifante in die Namibiese gebied van Kaza in die noordooste van die land getel. Die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die grootste olifantbevolking in die wêreld moet wetenskaplik bestuur kan word.