Kawana sê Angolese kinders word nou van strate verwyder
Die minister van binnelandse sake Albert Kawana sê dat die Angolese kinders wat houtlepels op straat verkoop sal in oorleg met Angolese owerhede van die strate verwyder word. Hy sê ‘n perseel is bekom om die kinders te huisves. Hy sê Angolese owerhede sal dan intree om die kinders te identifiseer en die hoop is om die kwessie so vinnig as moontlik op te los. Talle van die kinders is afkomstig van die Katutura jeug-sportsentrum waar haweloses steeds woon nadat hulle in 2020 as gevolg van Covid daar hervestig is.