Kawana moedig publiek om wapens in te gee tydens amnestie-maand

Die Namibiese polisie het weer amnestie-maand tydens September. Lede van die publiek word aangemoedig om onwettige vuurwapens en ammunisie in te handig gedurende die maand sonder enige vervolging. Die lynminister Albert Kawana sê daar is baie wapengeweld in die land. Hy het vandag amptelik amnestie-maand aangekondig.