Kavekotora gesels oor sy tyd in die Nasionale Vergadering

Die RDP-leier Mike Kavekotora, wat onlangs uit die parlement bedank het, het aan Kosmos 94.1 Nuus sy redes vir sy bedanking gegee. Hy is steeds president van die party en het gesê hy wil die RDP behoorlik posisioneer om voor te berei vir die algemene verkiesing in 2024. Kavekotora se plaasvervanger en adjunkpresident van die party Kennedy Shekupaleka is intussen as parlementslid ingesweer. Kavekotora gesels oor sy hoogtepunte van sy tyd as parlementslid…