Kavango Oos-goewerneur gesels oor onderwys en die pad vorentoe

Daar is nog steeds ‘n erge tekort aan klaskamers in die Kavango-Oos-streek ondanks die onderwysdirektoraat wat tenders ter waarde van meer as 18 miljoen Namibiese dollar vir die bou van klaskamers toegeken het. Weens die erge tekort aan infrastruktuur, moet sommige leerders in tente skoolgaan en skoolplasings in die streek is ‘n reuse-uitdaging. Afgesien van die tenders, het die direktoraat ook bykomende fondse ontvang vir die bou van 41 bykomende klaskamers, maar volgens die waarnemende onderwysdirekteur in die streek, Christine Shilima, sal die huidige konstruksie nie die kwessie oplos nie. Kosmos 94.1 nuus het met die goewerneur van Kavango-Oos Bonifatius Wakudumo gesels oor die pad vorentoe…