Katutura kry GBV-vriendelike hof

Terwyl gevalle van geslagsgebaseerde geweld onverpoosd voortduur, het die ministerie van justisie ‘n omgewing geskep wat vriendelik is vir slagoffers om sonder vrees te getuig. Dit is volgens die minister, Yvonne Dausab. Sy het tydens die kabinetskomitee se inligtingsessie die opening van die eerste moderne slagoffervriendelike hof by die Katutura-landdroshof aangekondig. Die ministerie beplan ook om ‘n natuurlewehof in Otjiwarongo op die been te bring.