Katutura Inwonerskomitee wil Stad Windhoek hof toe vat
Die burgemeester van Windhoek, Queen Kamati, sê die Stad sal voortgaan om voorafbetaalde kragmeters af te sny vir uitstaande skuld op dienste en belasting. Die Elektrisiteitsbeheerraad het in ‘n riglyn op 27 Junie die blokkering van voorafbetaalde meters vir nie-elektrisiteitverwante skuld verbied. Die Stad sê egter hy betwis die riglyn want dit is sonder voldoende konsultasie uitgereik en hy sal voortgaan om hierdie metode te gebruik om skuld te verhaal en diensvolhoubaarheid te verseker. Reaksie is ontvang van Shaun Gariseb, woordvoerder van die Katutura Inwonerskomitee, wat die Stad hof toe wil vat.