Katrina se seun se plaas berus by Martha Imalwa

Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat die saak van oud-onderwysminister Katrina Hanse-Himarwa se seun Denzil wat ‘n hervestigingsplaas in die Hardap-streek, toe sy moeder goewerneur van die streek was, ontvang het, aan die aanklaer-generaal oorhandig is. Hy was 24 jaar oud toe hy die plaas in 2015 ontvang het. Die ondersoek is geloods omdat Hanse-Himarwa, as goewerneur ook die voorsitter van die streek se hervestigingskomitee was. Die direkteur van die kommissie, Paulus Noa het bevestig dat die ondersoek voltooi is en dat die besluit om te vervolg of nie by die kantoor van Martha Imalwa berus. Hanse-Himarwa is op 8 Julie 2019 skuldig bevind aan ‘n onwerwante klag van korrupsie.