Katrina op Mariental ter ruste gelê

Wyle voormalige onderwysminister, Katrina Hanse-Himarwa, is Saterdag by Mariental in die Hardap-streek ter ruste gelê. Die 57-jarige Hanse-Himarwa is op 14 Julie in ‘n Windhoekse hospitaal aan kanker oorlede. Sy het ook as die goewerneur van die Hardap-streek gedien. President Nangolo Mbumba het hulde aan haar gebring. Hy het haar beskryf as ‘n formidabele vrou met  oortuiging en eer. Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitawh en ander politieke leiers het ook die amptelike begrafnis bygewoon.