Katjavivi lei afvaardiging na Inter-Parlementêre Unie vergadering
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi sal ‘n afvaardiging van parlementslede lei om die 148ste Inter-Parlementêre Unie vergadering in Genève, Switserland, by te woon. Die vergadering sal van 23 tot 27 Maart plaasvind. Die parlement sê daar word van die lede verwag om deel te neem aan vergaderings van die unie se statutêre liggame, soos die beheerraad en staande komitees. Die komitees sluit in die menseregte van parlementariërs en Midde-Ooste kwessies, sowel as die forum van vroueparlementariërs en die forum van jong parlementslede. Die parlement sê “die Komitee oor Midde-Ooste-vrae sal oorweeg watter parlementêre stappe om te neem rakende die uitgerekte konflik in Gaza wat tot ‘n humanitêre krisis gelei het.”