Katima Mulilo het plan met belasting, NamRA weet niks

Die Katima Mulilo-dorpsraad het versoek dat die Namibië Inkomste-agentskap, NamRA, hom boetes en rente van meer as 82 miljoen Namibiese dollar kwytskeld om die druk op sy boeke te verlig en dienslewering in die dorp te laat herleef. Om dit te kan doen, beoog die dorpsraad om NamRA se belastingaansporingsprogram te gebruik, wat Rafael Liswaniso, die dorp se uitvoerende hoof, glo hul finansiële stabiliteit aansienlik sal verhoog en beter dienste vir inwoners tot gevolg sal hê. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamRA-kommissaris Sam Shivute, wat sê die versoek is nie onder sy aandag gebring nie.