Katima gaan meer huise kry

Die nasionale behuisingsonderneming beplan om volgende jaar meer as 500 huise in Katima Mulilo te bou. Die onderneming fokus op die ontwikkeling van 546 ongediensde erwe wat hy ‘n paar jaar gelede van die Katima Mulilo-dorpsraad verkry het, sê die NHE se korporatiewe kommunikasie- en bemarkingsbestuurder, Mutonga Matali. Die NHE is in die finale stadium van die afhandeling van die projek se verkrygingsproses. Daar is meer as 3 000 mense op die waglys geregistreer. Matali versoek almal op die waglys om die NHE-kantoor in Rundu te kontak om hul besonderhede by te werk in afwagting van die komende projek.