Katastrofe word verwag met Milton wat vandag Tampa bereik

Amerikaanse president Joe Biden het gewaarsku dat die orkaan Milton een van die ergste storms in die VSA in 100 jaar kan wees. Inwoners van Florida wat in gebiede woon waar ‘n ontruimingsbevel uitgereik is, is deur Biden aangemoedig om onmiddellik te vertrek as ‘n kwessie van lewe en dood. Die president sê hy het met alle politieke leiers in die streek gepraat en vir hulle gesê enigiets waarvoor hulle vra, kan hulle kry. Windspoed het reeds 289 kilometer per uur bereik en ‘n stormvloed kan tot 4,5 meter hoog wees, wat Biden verwoestend noem. Orkaan Milton kan Florida as ‘n orkaan binnegaan en ook as een vertrek, met verwoesting wat uitgerek sal word, het hy gewaarsku.